Laser

Laser
Lasers wissel in grootte van mikroskopies diodelasers (bo) met talle toepassings, tot rugbyveld groot neodymium glas lasers (onder) wat gebruik word vir inertial confinement fusion, kernwapennavorsing en ander hoë energiedigtheid fisika eksperimente.
'n Dye-laser by die Starfire Optical Range word vir LIDAR- en lasergidsster-eksperimente gebruik. Dit is ingestel op die natrium D-lyn en kan natriumatome in die mesosfeer opwek. Die gloeiende natriumgas lewer dan 'n kunsmatige ligpunt wat dien as verwysingspunt vir teleskope. Hul kompenserende optika benut hierdie ligpunt om beelde te lewer wat minder deur atmosferiese steurings benadeel word.

Laser is 'n afkorting in Engels wat staan vir (light amplification by stimulated emission of radiation) wat in Afrikaans vertaal "ligversterking deur die gestimuleerde emissie van straling" beteken. 'n Laser is 'n toestel wat 'n kwantummeganiese effek naamlik gestimuleerde emissie, benut om 'n koherente straal lig te lewer. (D.w.s. golwe is in fase en geen interferensie vind plaas nie.) Lig van 'n laser is dikwels parallel en monochromaties, maar dit is nie waar vir alle tipe lasers nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search